Since 1983
Getroud en mamma van twee pragtige kinders! Ons woon in Pretoria. Ek het van ń jong ouderdom af besef ek het ń liefde en passie om kinders by te staan met onderrig en daarom in die rigting gaan studeer. Ek het my B.Ed.Psig(Hons) voltooi aan die Universiteit van Johannesburg waarna ek myself verder bekwaam het as Edu-Profiloog onderleiding van Dr Annette Martin.
Ek was die afgelope 13 jaar onderwyseres by ń skool wat spesialiseer in leerondersteuning vir kinders wat die hoofstroom skoolsisteem uitdagend vind vir verskeie redes. Ek het vroeg in my loopbaan besef dat teorie nie alleen voldoende is vir die harde werklikheid nie . Die leerders en my eie kinders, is my grootste leerskool. Die potensiaal van elke individu met sy/haar spesifieke IK word meerendeel onderskat! Elkeen is uniek geskape en in staat tot baie meer as jou akademiese vermoë en jou beroep.
Deur vas te stel wat jou unieke breinprofiel is, maak ń nuwe wêreld vir jou oop! Dit verduidelik jou optrede wanneer jy gespanne of emosioneel is, hoe jy gebeure beleef, wat jou voorkeure/afkeure is en nog soveel meer.
Ek deel graag my ervaring in klasverband asook in my persoonlike lewe met julle. Mag elkeen wat dit lees op een of ander manier geïnspireer word om te besef hoe spesiaal en uniek jy geskape is. Mag dit jou vlerke gee om te vlieg, te groei en uit te styg bo jou omstandighede.
Filipense 4:13
Valicia Meyer
Founder
Get In Touch
082 524 9009
info@mykindekuniek.co.za
Address
Arizona 285,
Faerie Glen,
Pretoria,
0181
