Marius van der Westhuizen

Aanvanklik was ek skepties om die profiel te doen aangesien ek nie geweet het wat ek wil he die uitslag moet wees nie. Hoe meer ek daaraan gedink het het ek agter gekom daar is eintlik nie ‘n reg of verkeerd nie.

Die profiel rus mens toe om jouself te verstaan, en meer spesifiek hoekom mens op ‘n sekere manier funksioneer in as jy rustig op jou bank sit maar op ‘n ander manier met dieselfde inligting as jy onder druk is.

Klein goedjies  het my gehelp om beter inligting te proseseer en besluite te maak aangesien daar ‘n “blokkasie” in my regter oor is. Dit het niks te doen my my gehoor nie, aangesien dit perfek is as ek nie onder druk is nie.

Dit het my ongelooflik baie gehelp om klein verstellings te maak om myself vinniger terug te kry om optimaal te funksioneer indien ek wel onder druk was.

 

 

Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel aangesien dit ‘n ongelooflike verskil in my dag to dag bedrywighede asook op die veld gemaak het. Dis nie ‘n “quick fix” nie, maar met die inligting tot jou beskikking kan jy ‘n ingeligte besluit maak en verstaan hoekom jy op sekere manier reageer.